19 Julie 2019
Liewe gebedsvriende,
Op Sondag 14 Julie in Goma, is die eerste geval van Ebola in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), bevestig. Goma, wat naby die Rwanda-grens geleë is, het ’n bevolkingstal van ongeveer twee miljoen mense en is ’n vervoer sentra vir die streek. Dit is verder as 354 km van waar die tweede grootste Ebola-uitbraak ’n jaar gelede opgespoor is. Tot op hede, het die huidige uitbraak ongeveer 1,655 lewens geëis, 694 mense is genees en 160,239 is ingeënt. Pogings om die epidemie te bedwing, is verder bemoeilik as gevolg van aanvalle wat op gesondheidswerkers en behandelingsentrums geloods is. Verdere bydraende faktore sluit in: wydverspreide wantroue onder lede van die plaaslike bevolking teenoor die sentrale regering, die mediese strategieë wat deur noodreaksie eenhede ontplooi word en migrasie weens geweld.
Die DRK het onder 10 Ebola-uitbrake gebuk gegaan, sedert die virus in 1976 naby die Ebola-rivier sy verskyning gemaak het. Die sterftesyfer dui daarop dat dit as een van die dodelikste siektes in die geskiedenis beskou kan word – veel erger as die beraamde 30-60 persent van die Europeërs wat tydens die Middeleeue van die buboniese plaag omgekom het. Die mees berugte Ebola-uitbraak het tussen 2014 en 2016 in Guinee, Sierra Leone en Liberië, byna 11,000 lewens geëis.
Op 11 Junie 2019 het naburige Uganda aangekondig dat drie mense met Ebola gediagnoseer is – die eerste gevalle wat landsgrense oorskry, sedert die uitbraak begin het. Dit wil egter voorkom dat verdere verspreiding tot dusver onder beheer is. Uganda is een van Afrika se grootste gasheerlande vir vlugtelinge, met meer as ’n miljoen vlugtelinge; die meeste van hulle uit Suid Soedan, die DRK, Burundi en Somalië.
Die DRK huisves ongeveer 86 miljoen mense en 91,6% van die bevolking is belydende Christene. Staan asseblief saam met ons in gebed vir die DRK en dat verdere Ebola-verspreiding voorkom kan word.
“Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede.” (Psalm 103:2-4)
Saam in Sy diens,
Gigi Kotzé en Donnelly McCleland