28 Augustus 2020
23 – 29 Aug
Algerië: Bid dat die druk wat die owerhede op die kerke en die Bybelgenootskap plaas, sal verlig. Bid dat die Bybelgenootskap sal kan voortgaan om in hierdie land te werk.
Egipte: Bid vir ons terwyl ons voortgaan om ons werksaamhede in Bybelverspreiding en Bybelbetrokkenheid uit te brei. Bid vir ons fondsinsamelingspogings om Bybelhulpmiddels beskikbaar te maak en om broodnodige Bybelbetrokkenheidprogramme aan te bied.
Tunisië: Bid dat God die pad vir Bybelwerk in Tunisië sal oopmaak. Bid dat hoewel die Bybelgenootskap nog nie hier werksaam is nie, die Woord nietemin die harte van die mense sal aanraak.
Marokko: Dank die Here dat dit moontlik is om Bybelwerk hier te doen. Bid dat die Bybelgenootskap se werk ’n impak sal hê en alle mense, maar veral jongmense en kinders, bybelse beginsels sal leer.
30 Aug – 5 Sep
Arabies-Israeliese Bybelgenootskap: Bid vir nuwe geleenthede om Bybelbetrokkenheid te bevorder en vennootskappe met die Palestynse Kerk en gemeenskap te sluit. Bid vir vrede in Jerusalem. Bid vir ons toewyding om die Woord van God aan die Arabiese Israeli’s wat in Israel woon beskikbaar te maak.
Israel: Dank die Here vir die voorreg om sy Woord in die hart van Jerusalem te kan versprei. Bid vir ons werksaamhede om die Woord van God beskikbaar en toeganklik te maak aan die mense wat hier woon, asook die baie besoekers.