17 Julie 2020
19 – 25 Jul
Belarus: Bid vir die Bybelwerk wat hier gedoen word, spesifiek onder die kinders wat ontvanklik is vir die Woord van God. Bid dat ons geskikte materiaal kan verskaf wat hulle die Woord van God op ’n kreatiewe manier sal leer sodat hulle insiggewend met die Bybel kan omgaan.
Litaue: Bid steeds vir die vertaling van ons Nuwe Testament in beide Lituas en
Litause Gebaretaal. Prys die Here vir die passie en toewyding van ons personeel. Bid vir die groeiende sukses van die Lewende Prente-kompetisie waar kinders die bybelse boodskap deur middel van fotografie uitbeeld.
26 Jul – 1 Aug
Romenië: Bid vir die afhandeling van die hofgeding rakende die kopiereg van die Cornilescu Bybel wat al vir die laaste sewe jaar sloer. Bid vir die verdere ontwikkeling van ons projekte en publikasies, asook die samewerking van al ons lidkerke.
Estland: Bid vir Bybelwerk in hierdie baie sekulêre land. Bid vir ons pogings rondom die bewusmaking van die Bybel as ’n bron van lewe. Bid dat Christene en nie-Christene deur ons beplande werk die Woord beter sal verstaan.
Letland: Bid vir die hersiening van die Bybel in Letties en dat dit ’n simbool sal word van eenheid onder die kerke. Bid ook vir ons Bybelbewusmakingsveldtogte en dat ons in staat sal wees om Bybelgedeeltes in elektroniese formate beskikbaar te maak.