4 September 2020

30 Aug – 5 Sep

Arabies-Israeliese Bybelgenootskap: Bid vir nuwe geleenthede om Bybelbetrokkenheid te bevorder en vennootskappe met die Palestynse Kerk en gemeenskap te sluit. Bid vir vrede in Jerusalem. Bid vir ons toewyding om die Woord van God aan die Arabiese Isreali’s wat in Israel woon beskikbaar te maak.

Israel: Dank die Here vir die voorreg om sy Woord in die hart van Jerusalem te kan versprei. Bid vir ons werksaamhede om die Woord van God beskikbaar en toeganklik te maak aan die mense wat hier woon, asook die baie besoekers.

6 –12 Sep

Libanon: Bid vir ons Sentrums vir Uitnemendheid. Hierdie sentrums dien die Kerk in die Midde-Ooste met God se Woord deur vertalings, publikasies, verskillende projekte en programme. Bid dat dit kinders, jongmense en volwassenes van hulp sal wees.

Jordanië: Bid vir die Bybelgenootskap in Jordanië se plan om ’n Bedieningsentrum in plek te stel. Dit is ’n besige ligging in Amman wat toegang tot die Bybel en die Bybelgenootskap sal bevorder.

Sirië: Dank die Here vir die ondersteuning wat ons die afgelope jaar ontvang het. Dank die Here vir sy Heilige Woord en vir die verspreiding daarvan na al die gebiede in ons land danksy die ongelooflike poging van ons vrywilligers.