31 Mei 2018

Liewe voorbidder

Gebed bly ‘n baie belangrike deel van die bediening en daarom vra ek vir julle wat voorbidders is om op die vooraand van my vertrek na Mosambiek die volgende saam met my met die Here deur te praat. Ook soos Hy julle lei. Die bediening behoort aan Hom.

  • Persoonlik, dat ek altyd afhanklik van Hom sal bly en fyn luister.
  • Die ag Amerikaanse jongmense wat saamgaan. Almal die keer dames, so baie hang af van wat in hulle harte aangaan.
  • Vir die twee denominasies en die mense rondom waar 4 gesinne die groep gaan ontvang.
  • Ons wil ook dienswerk doen, dat ons die regte goed sal doen op die regte manier.
  • Bid vir die 4 dominees van verskillende denominasies wat geroepe voel om saam te werk vir die geweldige uitdagings van die dorp Mocuba. Dit is dringend dat Christenskap nou betekenisvol sigbaar sal word. Reddend, genesend, afbreek van wat sleg is, moed om lyding te hanteer, brandende harte vir God se koninkryk, ens.
  • Bid ook vir al die BAIE praktiese reëlings en verhoudings wat ek moet fasiliteer die maand in Mosambiek. Ek kom terug die 20ste Junie.

Baie seën vir julle!

Danie Murray

Handevat-projek