28 Maart 2021 @ 09:00 - 10:00

Byeenkoms - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike, grasperk by konsistorie ingang
Hierdie byeenkoms is reeds verby.

Sondag 28 Maart 2021 hou die Kinderkerk ‘n prettige piekniek byeenkoms waar kinders aan lekker aktiwiteite kan deelneem.

Reelings: 

  • Parkeer asseblief op die groot hoof parkeerplek (bereikbaar vanaf enige hek)
  • Beweeg van daar af na die groot grasperk (Aan die Suidekant van die kerk) waarom ‘n lint gedraai is.  Die klasleiers sal die kinders daar ontmoet, en ook hulle temperatuur meet.
  • Daarna beweeg hulle na die onderskeie stasies waar elke graadgroep begin.
  • Kom asseblief vroeër sodat ons die admin kan afhandel, en stiptelik 09:00 begin.
  • Laat die kinders asseblief skoene aantrek.  Daar is dorings op sommige grasperke.
  • Moenie hul beste klere aantrek nie.  Hulle gaan hul hande in verf druk, en op ‘n plakkaat druk om ‘n reënboog te vorm.  Daarna sal ons hul hande was.
  • Die kinders sal op komberse sit, deur hul klasleiers voorsien.
  • Elke kind dra ‘n masker, en bring sy/haar eie waterbottel saam asseblief.
  • Indien jy nog nie jou kind se klasleier laat weet het nie, maak asseblief spoedig so, nie later as more, 25 Maart.  Die kinders kry ‘n bederfpakkie, wat betyds aangekoop moet word. (My klas het almal laat weet, en ons is voltallig, jipeeeee).