19 Maart 2020
- Afsondering [solitude] in plaas van isolasie – herontdek dié geloofsdissipline. Jesus het gereeld na ‘n plek gegaan om alleen te wees.
- Vas in plaas van opgaar – dit is ‘n ideale tyd om ons verbruik te evalueer en doelbewus te verminder en van sekere kosse en items te vas.
- Gebed – ons bid daagliks vir lande en dienste en mense.
- Stilte – dis ‘n tyd waar ons almal angstig wag, vir nuus en vir mediese oplossings. Help ander mense om die wag ook te verstaan as ‘n wag op die Here waar ons ons vertroue op Hom plaas.
- Sang – musiek is in hierdie tyd ook ‘n vorm van gebed en troos en terapie. Soek bv. op platforms soos Youtube, Spotify, Deezer, ens. ‘n mooi weergawe van ‘n Kyrie Eleison en luister dit herhalend.
- Offervaardigheid – dis so belangrik om te verstaan dat ons almal ekonomies swaarder kry. Dis nou die tyd om ‘n mededeelsame ekonomie te help groei. Daag mense uit om weekliks by te dra vir mense of sake wat geraak is deur die pandemie.
- Hoop – leef daagliks opnuut vanuit die hoop in Christus. Hoop dissiplineer ons om nie paniekerig of afstandelik teenoor die nood te staan nie.
- Aanbid – rig ‘n ruimte as kapel in waar ‘n kers brand en voorbidding gedoen kan word. Dit kan ook ‘n visuele bevestiging wees van dit waarvoor ons bid om kersies vir gebedsonderwerpe aan te steek.
Net nadat Beurtkrag ons die eerste keer getref het, het ek ‘n artikel gelees wat gesê het dat beurtkrag vir ons as Christene ‘n bedekte seën is – nou is daar 2 ure of wat in jou dag waarin jy eintlik niks anders kan doen as om stil te word voor die Here nie. Presies dit waarvoor ons sê ons nooit tyd het nie! Kan die isolasie weens die virus nie dalk dieselfde wonderlike effek in jou lewe hê nie? – Hannes