11 Junie 2021

Hoekom ‘n Gemeente ete, sal jy vra, en die antwoord is eenvoudig om christelike samesyn te bevorder en te gelyke tyd die kerk se koffers ‘n    hupstoot te gee. Die blokke gaan een keer per kwartaal so ‘n ete aanbied en die eind doel is om uiteindelik in staat te wees om die etes in die saal aan te bied waar saam gekuier en gesels kan word sodat ons mekaar ook kan opbou in Christus.

Weens die pandemie en inperkingsmaatreëls sal die eerste paar etes egter baie die vorm van die roadhouse basaar aanneem.

Op 25 Junie is dit Blokke A en WSG3 se beurt. Hulle spyskaart bestaan uit ‘n verskeidenheid vetkoek opsies en selfs ook ‘n combo. Aangeheg hierby die bestelvorm en die sluitingsdatum vir bestellings is 21 Junie 2021( kliek HIER vir bestelvorm)  .

Ondersteun asseblief die projek en geleentheid om as gemeente in hierdie uitdagende covid tyd hande te vat en mekaar en ons kerk te help opbou.

Bestellings kan by die kerkkantoor geplaas word.

Sien julle almal daar!