2 Augustus 2019
GOD HERSTEL VERHOUDINGS
U word hartlik uitgenooi na Digtebij-gemeente se jaarlikse Getuienismaand in September. Dan gee ons besondere aandag aan ons as gelowiges se roeping en verantwoordelikheid om te getuig teenoor die wêreld daarbuite (1 Pet. 3:15).
Vanjaar se Getuienismaand word gewy aan
- Besinning oor die herstel van verhoudings tussen God en mens en tussen mense onderling, en oor
- Jesus se opdrag dat sy evangelie verkondig word tot die eindes van die aarde;
- terugvoer van gestuurdes in die sendingveld;
- die uitstuur van geroepenes;
- gemeentelike samesyn, viering, sorg en bemoediging.
Uitstallings oor ons gestuurdes se werk en die resultaat daarvan sal ook vertoon word.
DIE PROGRAM
Sondag 1 September:
– Eric Swanepoel van Incontextinternational kom vertel van aangrypende gebeurtenisse op die sendingveld in die Midde Ooste.
– Natasha B. van Geopende Deure kom praat met ons kinders oor die uitdra van die Evangelie aan lande waar die Christendom vervolg word.
Sondag 8 September:
Dirk Coetzee van King Fisher praat oor dissipelmaking.
Saterdag 14 September:
Gemeente Digtebij se Lentetee. Marius Falck tree by hierdie geleentheid op. Kaartjies is beskikbaar by Digtebij se kerkkantoor @ R120 per persoon.
Vir navrae kontak Monica by 021 949 7931 f 082 547 6151. Man én dames welkom!
Sondag 15 September:
Thys Visser van Geopende Deure kom praat oor die verspreiding van die Evangelie in ontoeganklike lande.
Sondag 29 September:
Llewellyn en Lize Oliver van die Lewende Gemeente Maputo getuig oor hulle werk in Mosambiek.
Kom hoor en word deel van die uitdra van die Evangelie “tot aan die uiterste van die aarde”, volgens Jesus se finale opdrag (Hand. 1:8). Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judes en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
Vir navrae kontak: Emile Blommaert by 021 906 2819 of
Digtebij se kerkkantoor: 021 903 1564