2 April 2020
Ons het ‘n skrywe ontvang van die sinodale kant af wat voorstel dat ons saam op Goeie Vrydag ‘n “virtuele Nagmaal” vier, wat ons opnuut weer kan bind aan die Here en aan mekaar, soos die formulier so mooi belowe.
Hoe gaan dit werk?
Ons gaan saam met die video van die boodskap wat ek Vrydagoggend sou bring, ‘n video uitstuur waarin ek (minstens ‘n verkorte) Nagmaalsformulier lees, en op die ou end die tekens instel, die boodskap sal om 08:00 op 10 April 2020 beskikbaar wees. Die idee is dat jy dit saam met jou gesin sal kyk en op daardie tydstip saam sal geniet. Dit gaan natuurlik bietjie voorbereiding verg: die een wat die leiding gaan neem (of jyself!) sal ‘n broodjie en ‘n slukkie wyn / vrugtesap / of selfs water as jy niks anders het nie, gereed maak voor die tyd en reg sit. As ek dan die tekens instel, neem daardie persoon die broodjie, breek dit en gee elkeen ‘n stukkie, en ditto vir die wyn / sap. Dis nie heeltemal die ware Jakob nie, maar ek dink dit kan vir julle baie spesiaal wees!