16 April 2020
Van die aangrypenste getuienisse van lidmate in dié tyd van Pase, was julle reaksie op die eredienste. Ons het selde vantevore sóveel terugvoer gekry – ook oor hoe mense Nagmaal op hulle eie gehou het op Goeie Vrydagoggend, en wat dit vir julle as gesinne beteken het. Baie, baie dankie daarvoor. Baie dankie vir elke stukkie terugvoer, kyk gerus hier hoe ons mense op hule eie ‘n Grendeltyd-nagmaal gevier het.