30 Julie 2021
Hoe klink ’n boks propvol groente teen ’n bekostigbare prys vir jou?
Dit is wat die Bottelary Plaaswyk teen die einde van Augustus 2021 vir ons gaan aanbied sodat die fondse van De Eike aangevul kan word. Clayton van Zyl, Bottelary se blokleier, neem die leiding en gaan 200 van hierdie GroenBokse met ’n verskeidenheid van groente in die gemeente verkoop. Ondersteun hierdie GROENBOKS fondsinsamelingspoging en word saam met ons opgewonde oor hierdie projek.