2 April 2020
KUILSRIVIER-DE EIKE
Kom reis saam met ons op die lydenspad van Jesus wanneer ons deur voorlesings, respons en gebed tot ’n dieper betekenis kom van wat Jesus in daardie laaste dae moes beleef. Namens ons moes hy die reis aanpak na Golgota. Kom ontdek saam met ons, tree vir tree, die wonder van God se liefde en genade.
In ’n landskap waar COVID-19 ons tans isoleer, is hierdie Groot Lydensweek juis ‘n geleentheid om mekaar te bemoedig en vir mekaar, ons land en die wêreld te bid rondom hierdie pandemie. Ons stap saam met Jesus op sy lydensweg in ’n baie moeilike tyd in die wêreld se bestaan.
Kort video’s sal vir volgende week elke dag, Maandag tot Donderdag om 18:00, op ons webtuiste www.ngkeike.co.za (Kliek dan op prentjie in pers strook) beskikbaar gestel word. Gebruik hierdie vier geleenthede om saam na Golgota te reis.