30 Maart 2026

Ons nooi julle om Groot Lydensweek saam met ons waar te neem. Die fokus vir hierdie week is soos volg:
SONDAG: Sondag het ons die jubelkrete van die mense gehoor wat Jesus op die donkie verwelkom as die koning wat hulle lank verwag het.
MAANDAG: Hier onthou ons die bekende moment toe Jesus in die tempel ingegaan het, tafels omgekeer het van geldwisselaars en die tempel gereinig het.
DINSDAG: Jesus het die mense onderrig, maar nie sonder uitdagings nie. Jesus het die skynheiliges ontmasker.
WOENSDAG: Dit is nie altyd jou vyande wat jy hoef te vrees nie. Een van Jesus se dissipels, Judas Iskariot, maak ‘n ooreenkoms om Jesus te verraai.
DONDERDAG: Jesus bedien die maaltyd saam met Sy dissipels en vertel vir hulle wat op pad is. Daarna gaan bid Jesus saam met ‘n paar dissipels in die tuin van Getsémané. Daar word Hy gevange geneem.
VRYDAG: Die oordeel is hier. Jesus word aan die kruis vasgeslaan onder instruksie van Pontius Pilatus. Daar hang Hy aan die kruis tot Hy sterf (Goeie Vrydag 09:00).

