6 Augustus 2020

Sonja skrywe: Hi Johan. Hoop dit gaan goed met julle twee, Ek stuur vir jou die foto’s van my kinders se oulike idee om by ons te kom kuier vanoggend. Ons kleinkinders mag nie in die oord inkom nie. Wys jou net. ‘n Boer maak ‘n plan. Dis my seun Christo Barnard, sy vrou Elsa en die kinders Madeli en Zanja.