21 Oktober 2021

Op 31 Oktober vanjaar, om 09:00 by ons oggenddiens, herdenk De Eike weer die geskiedenis van die Protestantse Hervorming.  Terwyl ek met die programmetjie besig was, het dit my weer opnuut aangegryp dat daar mense was met soveel krag en oortuiging dat dit vandag nog vir ons moontlik is om die Here te dien –

volgens die Skrif alleen,

in Genade alleen,

in Geloof alleen,

vir Christus alleen

en

aan God alleen alle eer.

 

Doen asseblief spesiale moeite en woon die diens by.  Ons sprekers is ds Chris, Petro vd Heever en Trónell Lessing.  Marieta Oosthuizen en haar seun, Mattienus, gaan sing en Esther Venter en ek gaan die Trompet en Orrel laat klink.  Hou maar asb daai maskers aan en kom SING SAAM!

 

Tot dan!

René Ferreira

Orrelis