2 Februarie 2018
Dave Bookless, ‘n befaamde internasionale spreker en eko-teoloog, is op 12 Frebruarie die hoofspreker by die geleentheid wat in De Eike se kerkgebou aangebied word. Hy sal ‘n praatjie lewer oor die Christen se verhouding tot die natuur. Dave is die direkteur vir Teologie by A Rocha Internasionaal, ‘n Christen-organisasie wat hom beywer om mense bewus te maak van die mens se verantwoordelikheid teenoor die natuurlike omgewing. A Rocha is in 22 lande aktief betrokke met omgewings-projekte!
Waar: NGK Kuilsrivier-De Eike, Pioniersweg, Kuilsrivier (GPS –33.913046, 18.682130)
Wanneer: 12 Februarie 2018 om 19:00
Tema: “Hoe Groot is jou Jesus – ‘n omgewingsperspektief”.
Toegang: Gratis. Almal welkom!
Jacobus van der Linden, kleinseun van tannie Salma Loots, wat tydens die afgelope skoolvakansie vanaf alexanderbaai tot by Kaappunt gestap het om die jeug bewus te maak van omgewingsuitdagings, sal ook daar wees om kortliks sy ervarings met die staptog te deel.
Moenie die geleentheid misloop nie –
veral nie nou met die dreigende waterkrises
in Kaapstad nie!