24 Mei 2018
“My daughter is the biggest gift; I’ve said it so many times and it sounds like a cliche, but the thing about being a parent is when you think you’ve cracked it, and you’re on top of your game, they change again and you have to catch up and adjust. I feel such a responsibility to instill good values in her, to be polite, to have discipline.”
Hierdie is een van die “Spice girls,” Geri Halliwell se woorde oor haar dogter. Ek kan myself vereenselwig met haar woorde. My seun hou my en my vrou op ons tone as dit kom by dissipline. Sodra ons dink dit gaan goed, dan duik daar weer ietsie op wat ons so nederig hou.
Ek was al meer as eenkeer in ‘n situasie waar ek met ‘n rooi gesig uit ‘n vertrek moes stap omdat Boeta ietsie gesê of gedoen het wat ek weet ons nie by die huis doen nie. Of daai keer wat hy in die winkeltrollie of op die winkelvloer sy longe uitskreeu oor ietsie wat hy nou moet hê.
As jy ‘n ouer is met dieselfde vrae en wonder of dit net met jou gebeur, kom luister gerus Sondag aand na afloop van die erediens na alle ouers se grootste dilemma, “Hoe moet ek my kind dissiplineer?!” Alle ouers wonder daaroor en alle ouers het vrae daaroor. Kom neem gerus deel aan die gesprek met ‘n warm koppie koffie in jou hand, na afloop van die Sondag se aand erediens.