20 April 2018
Famliewees beteken om nader aan God en mekaar te groei. In die afgelope week het ek net weer gesien hoe ons in De Eike as familie funksioneer. Kom ek vertel wat gebeur het!
Zanè Welman is elf jaar oud en gediagnoseer met kanker. Dit is vir Zanè, haar pa Ben, haar ma Elsa en ousus Tia glad nie lekker om verder as vandag te kyk nie. Onsekerheid oor die diagnose, chemoterapie, weefseltoetse, hospitaal toe en terug, is van die dinge wat hierdie gesin emosioneel dreineer.
Familie trek laer rondom mekaar en daarom het die vrouens in De Eike besluit om kos te maak vir die gesin. Edna Smit is die koördineerder en klomp vrouens het hul hande opgesteek om een ete per week vir die Welman gesin voor te berei. Op hierdie manier word Elsa se hande ligter gemaak om haar volle aandag aan Zanè te gee. Is dit nie wonderlik nie? Familiewees in aksie!
Dalk wil jy deel word van hierdie spanpoging. Dan wil ek jou uitnooi om met Edna in verbinding te tree. Haar selnommer is 082 439 5359.
Kom ons bid vir die Welman gesin en kom ons wys dat ons in De Eike ’n familie is.
Chris