24 Augustus 2018
Liewe gebedsvriende
Luidens ? verklaring op Sondag 19 Augustus deur die Indiese owerhede in die suidwestelike staat van Kerala, het 370 mense gesterf in die ergste oorstromings in ? eeu wat hierdie streek tref. Hierdie bring die aantal mense tot ? 1000 wat sedert die begin van die moeson-reënseisoen in oorstromings in sewe Indiese state dood is. Volgens verskeie nuusbronne word soveel as ‘n miljoen inwoners van Kerala in tydelike kampe gehuisves. Owerhede is nou bekommerd oor moontlike uitbreek van siektes wat deur die water en lug versprei kan word.
Volgens die Indiese sensus, is Christendom die godsdiens wat derde meeste in Kerala beoefen word en sowat 18% van die bevolking verteenwoordig. Alhoewel Christene ‘n minderheidsgroep in Indië is, is die Christelike bevolking van Kerala proporsioneel veel groter as dié van Indië as geheel.
Bid asseblief saam met ons vir diegene wat geraak word deur hierdie verwoestende vloede, en veral vir ons broers en susters in Kerala wat direk geraak word. Ook vir diegene wat aktief betrokke is om hulle te help in hierdie tyd van nood.
“Gebed is die aksie om deur God se oë na die werklikheid te kyk” (Philip Yancey)
Saam in Sy diens
Donnelly McCleland