18 Oktober 2019

Liewe gebedsvriende

Op Sondag 13 Oktober het die Koerdies-geleide administrasie in noord-oos Sirië bekendgemaak dat ‘n ooreenkoms met die Siriese weermag bereik is wat as teenvoeter sal dien vir die toenemende aanvalle van Turkse magte in die streek.  Die Turkse aanslag op die Koerdiese magte in Sirië het begin etlike dae nadat pres. Donald Trump van die VSA aangekondig het dat hy die Amerikaanse magte uit die streek gaan onttrek. Die ooreenkoms met Damaskus word as ‘n belangrike skuif tussen bondgenote gesien.  Dit was die Koerde wat saam met Amerika geveg het (teen die Siriese regering) om ISIS te verslaan. Die Turkse offensief het reeds gelei tot die ontworteling van 130 000 mense.

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan het gesê dat sy offensief daarop gemik is om Siries Koerdiese vegters, wat gekoppel is aan die PKK separatiste  beweging wat Turkey dekades lank teenstaan, te beveg. Die doelwit soos deur Turkye gestel is om ‘n buffersone op Siriese grondgebied tussen Turkeye en Sirië te vestig waar Siriese vlugtelinge hervestig kan word en ook om sy eie grens te beskerm. Koerdies-geleide magte beheer om en by ‘n derde van Sirië en het tien-duisende ISIS vegters, hulle families en simpatiseerders in aanhouding in tronke en kampe in die noord-ooste . Die vrees is dat as hulle vrygelaat word daar ‘n oplewing van ISIS gaan wees en dat die konflik gaan voortgaan.

Christene in die streek het gevra vir dringende gebed omdat hulle ‘n baie donker en onsekere toekoms in die gesig staar.

Bid asseblief saam met ons vir Sirië in die kritieke tydperk dat ‘n volhoubare diplomatieke oplossing gevind sal word en dat ongevalle tot ‘n minimum beperk sal wees.

“God se opdrag om te bid sonder ophou is gebaseer op die menslike  nood aan Sy genade om ‘n lewende siel te bewaar wat vir geen oomblik daar sonder kan voort bestaan nie, net soos die liggaam nie kan bestaan sonder suurstof nie.”  (John Wesley)

Saam in Sy diens

Donnelly McCleland