18 Januarie 2019
Liewe gebedsvriende
Op Sondag 13 Januarie het Ayman Sousan, die Siriese assistant-minister van buitelandse sake, hul regering se hoop uitgespreek dat dialoog met die Siries-Koerdiese groepe sal intensiveer. Dit dui op steun vir gesprekke wat die Koerde hoop sal lei tot ‘n politieke ooreenkoms tussen twee van die hoof rolspelers in die veelsydige oorlog. ‘n Senior Koerdiese amptenaar het aan Reuters gesê dat Siries-Koerdiese leiers graag ‘n Russies bemiddelde politieke ooreenkoms met president Bashar al-Assad se regering wil sluit, ten spyte van Amerika se planne om uit die streek te onttrek.
‘n Politieke ooreenkoms kan die twee grootste dele van ‘n land wat deur agt jaar van oorlog gesplits is, herenig en sodoende net een hoek van die noordweste in die hande van anti-Assad-rebelle, ondersteun deur Turkye – ‘n teëstander van beide die Siriese Koerde (YPG) en die Siriese regering in Damaskus, laat. Turkye beskou die YPG as ‘n verlenging van die Koerdiese Werkersparty (PKK), wat reeds 34 jaar lank in opstand is in Turkye en poog om sy vastrapplek in Sirië te elimineer.
Bid asseblief saam met ons vir Sirië gedurende hierdie kritieke tyd, dat ‘n ooreenkoms bereik kan word en dat die land nader aan vrede kan beweeg.
“Gebede styg en barmhartigheid daal neer. So hoog as wat die hemel is en so laag as wat die aarde is, hoor God die stem van die mens.” (St. Augustinus)
Saam in Sy diens
Donnelly McCleland