26 Oktober 2018

Liewe gebedsvriende

Sowat 300 mense het Sondag 21 Oktober ‘n grensheining tussen Marokko en Melilla, Spanje se Noord-Afrikaanse tussengebied bestorm. Ongeveer 200 van diegene wat die grens probeer oorsteek het, was suksesvol en word geprosesseer.

Spanje het hierdie jaar Italië vervang as die vernaamste land van toegang vir wanhopige immigrante en vlugtelinge wat vanaf konflik en ekonomiese ellende in Afrika en die Midde-Ooste vlug, hoofsaaklik as gevolg van sy meer gematigde beleid teenoor immigrante. Honderde immigrante probeer om hierdie EU-land binne te kom deur sy twee Noord-Afrikaanse tussengebiede van Melilla en Ceuta. Die oorgrote meerderheid het egter in Spanje gearriveer, nadat hulle die gevaarlike reis oor die Middellandse See in onveilige smokkelaarsbote oorleef het. Volgens die nuutste Verenigde Nasies verslag het vanjaar meer as 48 800 immigrante en vlugtelinge Spanje binnegekom. Dit is meer as Italië en Griekeland. In 2018 het meer as 4000 immigrante Spanje binnegekom deur die grensheining by Melilla oor te steek.

Luidens ? nuwe studie deur die Pew Research Center , is bevind dat 86% van Spanjaarde die verwelkoming van vlugtelinge ondersteun. Dit is die hoogste persentasie van 18 lande wat aan die studie deelgeneem het, wat 10 EU-lande insluit. Volgens dié opname het slegs 13% van Spanjaarde gesê hulle sal “die aanvaarding van vlugtelinge wat vir geweld en oorlog vlug, teenstaan “.

Bid asseblief saam met ons vir Spaanse owerhede, soos hulle voortgaan om ‘n menslike oplossing te soek vir die voortgesette immigrante krisis en dat immigrante Christus te midde van hulle moeilike togte sal vind.

“Niemand het ooit arm geword deur te gee nie.” (Anne Frank)
Saam in Sy diens.
Donnelly McCleland