16 November 2018
Liewe gebedsvriende
Die Demokratiese Republiek van die Kongo se gesondheidsdepartement het op Vrydag 9 November aangekondig dat die huidige uitbraak van die Ebola-virussiekte die ernstigste in die land se geskiedenis is met 319 bevestigde en waarskynlike gevalle. Na bewering het 198 mense in Noord-Kivu en Ituri-provinsies gesterf as gevolg van dié hemorragiese koors, waar aanvalle deur gewapende groepe en weerstand deur gemeenskappe teenoor gesondheidsamptenare hul hulp pogings bemoeilik.
Vandat die virus in 1976 naby die Ebola-rivier ontdek is, was daar al 10 keer ? Ebola-uitbraak in die DRK. Tydens die eerste uitbraak was daar 318 gevalle aangemeld waarvan 88 persent van diegene wat geraak is, gesterf het. As gevolg van die hoë sterftesyfer, is dit een van die dodelikste siektes in die geskiedenis, veel erger as die beraamde 30-60 persent van die Europeërs wat aan buboniese pes (swart dood) in die Middeleeue gesterf het. Tydens die mees opspraakwekkende uitbraak van die virus tussen 2014 en 2016, is byna 11 000 mense in Guinee, Sierra Leone en Liberië se lewens geëis .
Gesondheidsministers in die naburige Uganda het maatreëls langs die grens ingestel om ‘n uitbraak te voorkom deur ‘n eksperimentele Ebola-entstof vir gesondheid en hoë risiko werkers te verskaf. Alhoewel die grens tussen hierdie lande oop bly, vrees gesondheidskenners dat die virus Uganda sal binnedring deur middel van die verkeer oor die grens.
Bid asseblief saam met ons vir die Demokratiese Republiek van die Kongo dat hierdie Ebola-uitbraak beperk kan word.
“Die hoofdoel van gebed is om nie vir ? makliker lewe nie of om bonatuurlike kragte te kry nie, maar om God te ken. Ek het God meer nodig as enigiets wat ek van God kan kry. “(Philip Yancey)
Saam in Sy diens
Donnelly McCleland