7 September 2018

Liewe gebedsvriende

Libië se VN-gesteunde regering het Sondag 2 September ? noodtoestand in Tripoli aangekondig, ná dae van gevegte waar minstens 47 mense dood en talle meer beseer is.

Die toename van geweld in Tripoli gaan gepaard met die terugkeer van die berugte militante leier, Salah Badi, wat tydens die gevegte in 2014 ‘n kardinale rol gespeel het in die verwoesting van die Libiese hoofstad. Badi is sedert 2016 grotendeels in Turkye gevestig, maar is verlede week buite die stad opgemerk waar hy steun werf vir nog ‘n groter aanslag op Tripoli.

Te midde van die gevegte het meer as 400 gevangenes uit die Ain Zara-gevangenis ontsnap. Meeste van die gevangenes was ondersteuners van die destydse Libiese leier, Muammar Gaddafi, luidens ? BBC berig.

Libië word deur twee vyandige owerhede beheer. Die regering uit Tripoli in die weste wat deur die internasionale gemeenskap erken word, teenoor die ander in Tobruk, ? stad in die ooste van die land. Al twéé word deur verskeie militante groepe ondersteun. Jihadiese groepe, soos die Islamitiese Staat, het ook die politieke onrus en wetteloosheid uitgebuit om veld te wen in die Noord-Afrika land.

Honderde immigrante wat deur die gevegte vasgekeer is, is oorgeplaas na ander aanhoudingsentrums, terwyl die stad se lughawe Vrydag (31 Augustus) vir twee dae gesluit is.

Libië staar hierdie voortgesette chaos in die gesig sedert die NAVO-gesteunde militante groepe, sommige van hulle vyande van mekaar, Kolonel Gaddafi se lang-heersende regering in Oktober 2011 omvergewerp het.

Bid asseblief saam met ons vir Libië.

“Gebed kan eenvoudig wees, maar dit is nie maklik nie. Niks groot is nie.” (Tim Keller)

Saam in Sy diens.

Donnelly