5 April 2019

Liewe gebedsvriende

Op Sondag 31 Maart het Turkye plaaslike verkiesings in al 81 provinsies gehou. Die opposisie, Cumhuriyet Halk Partisi (CHP) – Republikeinse Volksparty – het die voortou in Istanboel en Ankara, beide belangrike stede, geneem. As dit bevestig word, sal dit ’n geweldige terugslag vir president Recep Tayyip Erdogan se regerende party vir Geregtigheid en Ontwikkeling (AKP) wees, wat elke verkiesing sedert hulle in 2002 aan bewind gekom het, oorheers het. Op nasionale vlak het die president se AKP-geleide alliansie meer as 51% van die stemme in die munisipale verkiesings ingepalm. Beamptes van die regerende party het gesê dat hulle duisende stemme in Istanboel en Ankara sal teenstaan.

Turkye hou elke vyf jaar, op die laaste Sondag van Maart, plaaslike verkiesings (vir burgemeesters en raadslede). Die vorige verkiesing, op 30 Maart 2014, het gelei tot ’n oorwinning vir die regerende AKP, wat beheer oor Istanboel en Ankara verkry het.

Turkye is ’n strategiese nasie wat Europa en Asië met mekaar verbind. Die land se bevolking van 81,864,000 mense en 3,646,889 Siriese vlugtelinge bestaan uit ongeveer 96.1% Moslems en 0.11% Christene. Dit is belangrik om te onthou dat dit juis tydens onseker tye is, wanneer mense die meeste ontvanklik vir die evangelie is. Mag die Kerk gereed wees om hoop en antwoorde te bied aan diegene wat soekend is.

Bid asseblief saam met ons vir Turkye.

“Daar sal geen hernuwing, geen herlewing, geen ontwaking wees nie, mits ons weer bereid sal wees om Hom toe te laat om ons te breek.” (David Wilkerson)

Saam in Sy diens

Gigi Kotzé en Donnelly McCleland