15 Maart 2018

Saterdag 24 Maart, is daar ‘n “It’s Time” gebedgeleentheid in Mitchells Plain. Franci Gresse skrywe: Ek het dit verlede jaar in Bloemfontein bygewoon en dit was ‘n absolute wonderlike ervaring om saam met duisende ander Christene die Here te loof en tot Hom te bid.

April 2017 was daar ‘n nasionale gebedsbyeenkoms in Bloemfontein – It’s Time. Duisende mense van reg oor die land het saamgetrek om die Here te loof en prys en op hul kniee voor Hom te gaan. Vreemdelinge het mekaar gegroet asof hulle mekaar al jare lank ken en naasteliefde was oral om jou sigbaar. Die hoeveelheid mense was verstommend – dit het voorwaar gelyk soos ‘n see van mense.  Wat ‘n absolute wonderlike belewenis!

Saterdag, 24 Maart is daar weer so ‘n geleentheid, maar die keer in die Wes-Kaap self. Oom Angus Buchan het gevoel die Here druk dit op sy hart om ‘n soortgelyke geleentheid te reël en die ligging waarop besluit is, is die Michells Plain Sportgronde. Meer as 2 000 vrywillgers gaan die dag betrokke wees, asook die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Metro-polisie en verskeie sekuriteitsmaatskappye. Die geleentheid is heeltemal gratis en hekke gaan reeds om 6:00 die oggend oopgemaak word om te verseker daar is genoeg tyd vir almal om betyds te arriveer vir 10:00, wanneer die gebedsbyeenkoms amptelik begin.

Ons wil graag ‘n geleentheid skep vir De Eike om ook die besonderse gebedsgeleentheid by te woon. Indien daar genoeg belangstelling is, kan ons daarna kyk om vervoer te reël vanaf De Eike. Indien u belangstel, gee asb. u naam en kontakbesonderhede deur aan die kerkkantoor teen Maandag, 19 Maart, sodat ons kans kan hê om parkering te bespreek. Meer besonderhede oor die reëlings, ens. sal bekend gemaak word aan belangstellendes vroeg volgende week. U is egter ook welkom om Oom Angus se webwerf te besoek in die tussentyd vir meer besonderhede.