15 Oktober 2021
Beste De Eike lidmaat
Ongeveer twee maande gelede was dit blok B en D se beurt om `n projek vir De Eike aan te pak. Dit het begin by `n idee en daarna het beplanning, voorbereiding en uitvoering gevolg.
Baie dankie vir elkeen se deelname aan die KEN-JOU-KERK-EN-WEN-KOMPETISIE.
Dankie vir die energie waarmee deelgeneem is. Die meelewing en samewerking van blokleiers, wyksleiers en lidmate het weereens die onderlinge gesindheid van ons gemeente, beklemtoon.
Dankie ook aan die kerkkantoor vir hul ondersteuning en gemaklike samewerking.
Ons het verlede week tydens die trekking (onder die wakende oë van ons leraars) ook `n paar foto’s geneem. Kyk gerus hoe dit verloop het. Die wenners se name het in Sondag 10 Oktober 2021 se aankondiginge verskyn en die mooi bedrag van R 26 600 is ingesamel.
Alle eer aan ons Hemelse Vader vir sy seën met hierdie projek.
Seëngroete.
Blok B en D.