19 Maart 2021

OUD, MAAR NIE BOUVALLIG NIE.

Die apostel Paulus sê in sy tweede brief aan die Korintiërs (5:4): ”Ons wat nog in die tentwoning is, sug en voel bedruk omdat ons nie van die aardse liggaam afstand wil doen nie”.

 

Die Prediker sê in 11:10b: “ook die jeug en jonkheid kom tot niks.” En dan bedoel hy dat ons nie moet peil trek op die jonkheid asof dit vir ewig gaan hou nie.

 

Maar belangriker nog as wat dit is om bouvalligheid as ‘n gegewe te aanvaar, is dit ‘n opdrag, om dit teë te werk sover moontlik. Moenie dat slordigheid en gebrek aan selfdissipline momentum aan die aftakeling gee nie! ‘n Gesonde leefstyl moet die boumateriaal wees wat die restourasiewerk aan die gang hou.

 

‘n Mens kan oud word sonder om vervalle en verslons voor te kom. Hou die tempel van jou liggaam waarin die Gees van God wil woon in ‘n goeie toestand volgens 1 Kor 6:19-20. ”OF WEET JULLE NIE DAT JULLE LIGGAAM, WAT JULLE VAN GOD ONTVANG HET, ’n TEMPEL IS VAN DIE HEILIGE GEES IN JULLE EN DAT JULLE NIE AAN JULLESELF BEHOORT NIE? WANT JULLE IS DUUR GEKOOP. VERHEERLIK GOD DAN MET JULLE LIGGAAM.”

 

EK PROBEER…