20 November 2020
Oom Pietie het tydens my besoek verlede week aan hom vir my vertel van die baie jare wat hy “Sondagskool” gegee het in Moedergemeente. Hy het toe die aangehegde “sertifikaat” vir my gewys wat Kobus de Villiers vir hom in 2017 gegee het. Ek het nie vir Kobus geken nie, maar hy was blykbaar ‘n bekende in die dorp. Oom Pietie het vir Kobus in std.3 Sondagskool gegee. Oom Pietie sê Christo Thessenaar(nou professor by die Kweekskool!) was saam met Kobus in die klas – so oom Pietie het ook vir hom klas gegee. Kobus is intussen oorlede.
Ek het maar net gedink dit sal ‘n oulike beriggie vir die Akker wees!
Mooi dag,
Johan