18 Januarie 2018
Die Kerkkoor van NG Kerk De Eike nooi jou hartlik uit om te kom aansluit by ons. As jy ‘n sangstem het en kan noothou, is jy eintlik verplig om jou talent met ons te kom deel.
Ons het stemme in al vier stempartye nodig vir 2018.
Oefeninge is op Dinsdagaande om 19:00 – 20:00. Ons begin vanjaar op Dinsdagaand 30 Januarie oefen.
Ons streef daarna om die Here met ons stemme te dien – hierdie is dalk net die geleentheid waarvoor jy gewag het. Moenie uitstel nie, meld aan!
Dit sal jou lewe verryk!
René Ferreira
Orrelis