4 Junie 2020
René skrywe:
Gedurende die grendeltyd het ek gewonder watter bydrae ek kan lewer. Vir baie jare beplan ek noual om kerskaartjies te maak van die grafika wat Christa de Kock, afgetrede Kunsonderwyseres, ‘n hele paar jaar vir ons geskets het vir die voorblad van ons Kerssangdiensprogramme. (Christa is ook die persoon wat einde verlede jaar die kerstoneel wat Hannes vir ons uitgesny het, so pragtig geverf het.) Ek het haar gekontak en sy gee haar volle samewerking.
Onthou julle nog:
2008 Die Kersaltaar – Hanlie Burger skryf vir ons ‘n treffende teks van straatkindertjies gedurende kerstyd.
2010 “Luister ek, as ek hoor …?” – Hanlie Burger redigeer en in samewerking met DALRO voer hulle vir ons ‘n kersspel op. Miskien onthou julle nog van die spelers; Heinrich Haggard, Johan Smit, Jacques Geldenhuys, Johan Vermeulen, Riëtta Odendal, Jos Kriel en Antonette Roberts.
2011 Die Wêreld is ons Woning – Griekwas (Antonette Roberts), Nederland (dr Marije van Schalkwyk vertel), Duitsland (Hanlie Burger) , Frankryk (Petro van den Heever)
2015 Agv onvermydelike omstandighede, onttrek die Weermagorkes in die week vóór hierdie Kersuitvoering en met binnegoed in beroering bel ek vir Lucas Heinen. Hy staan eenvoudig in en doen die pragtigste klavierspel op elke plek waar die orkes sou optree. Ek persoonlik, sal hierdie gesindheid nooit vergeet nie.
2016 Kinders van die gemeente, oor die hele wêreld versprei, stuur vir ons video’tjies van hoe hulle Kersfees in hulle nuwe lande vier. Peter Jan Randewijk in Denemarke stuur vir my ‘n voorstelling vir ons program-voorblad.
2017 Kersfees Nostalgie – Gemeentelede “onthou” hulle spesiale Kersfeeste: Daniël Venter uit Dubai, Tannie Lerina Venter vertel van haar dae in die Sendingveld, Kosie Steenkamp vertel van die Karooplaas-kersfeeste en wys die karretjie (wat hy vandag nog het!) wat hy as ‘n klein seuntjie vir Kersfees gekry het, Marieta Loubser sing en vertel en ds Johan Morkel vertel sy storie. Selfs Riëtta se kleintjies het hulle ding kom doen!
‘n Mens sal nooit erkenning kan gee aan almal wat deur die jare aan al ons Kersuitvoerings deelgeneem het nie, van ds Hannes regdeur tot waar ons by die voordeur van die kerk inkom, die klankspanne, die eredienswerkers, die kantoorpersoneel, die opsigter en werkers, die instrumentaliste, die begeleiers, die gemeentesang, die pragtige versiering van die kerk, ensovoorts! En regdeur, soos ‘n goue draad, die sang en voorbereiding van ons Kerkkoor. By elke tema het hulle ingespring om die allerbeste sang te lewer. Waar kry ‘n mens nog só ‘n groep mense.
En nou, oor die kaartjies:
Ek verkoop die kaartjies vir fondse vir ons gemeente.
– Die pakkie sal 6 kaartjies met koeverte bevat (4 van Christa, die Deense een en een kleur Kersfoto) @ R50 ‘n pakkie.
– Dit is wit kaartjies met die verskillende logo’s voorop en agterop in ‘n klein blokkie net ‘n erkenning aan Christa en ‘n herinnering dat dit grendeltyd was.
– Die pakkie kaartjies kan ook ‘n pragtige kersgeskenk aan iemand wees.
Om kaartjies te bekom: SMS of WA jou naam en telefoonnommer en hoeveel pakkies na: 0822167324 (René Ferreira) of e-pos dieselfde inligting na kiewietf@gmail.com.
Ek sal elke Dinsdagoggend van Junie (tussen 10:00 en 11:00 ) by De Eike se Kerktoring sit om te verkoop. Moet asb nie uitstel nie, van die 100 pakkies wat ek gemaak het,
is reeds 40 verkoop. Dit is regtig iets baie besonders.
Grendel-groete!
René Ferreira
Orrelis