8 Desember 2023

Riëtta: 

Ons Kerssangdiens was hoendervleis mooi, en veral vir my spesiaal met die kinders se deelname. Slegs 11 van ons 73 kinders het deelgeneem, maar daardie 11 dissipels was super opgewonde en ywerig. Twee Saterdagoggende is daar by die kerk geoefen – dankie vir die mammas se vervoer – en ook ‘n intense oefening tydens kerk.

 

Een van ons manne se stem was hees in die week voor die Kerssangdiens, en het hy glad ‘n rou eier gesluk op aanbeveling van sy pa.  Dit het die ding gedoen, en was sy stem eers weer hees na die diens.

 

Ons kinders het tog te mooi gelyk in hulle blou en wit, en is dit ‘n riem onder my hart dat hulle op so ‘n manier ook hulle liggies kon laat skyn vir Jesus.

 

Ons tema hierdie kwartaal by die Kinderkerk was nogal “Vertel van Jesus”.