8 November 2018
Hierdie jaar se Kersuitvoering is vir my baie spesiaal. Tydens die Pinkster preek ds Hannes en hy noem die 3 Wyse Manne by die naam en binne ‘n oogwenk raak hulle “regte mense” vir my en inspireer dit my om te begin lees hieroor. Die uiteinde is dat Adinda Vermaak vir ons gemeente die merkwaardige verhaal van die Wyse Manne in ‘n Kersspel vervat het. By ons Kersuitvoering op 25 November vanjaar, speel ds Hannes, Rudolph Maree en Petro van den Heever in die rolle van die Wyse Manne met Trónell Lessing as die verteller en Elbie Venter en die kerkkoordames as byspelers. Dit is ‘n geleentheid wat julle nié kan misloop nie. Bring vriende en familie, kinders en volwassenes – dit gaan ‘n belewenis wees. En olie daardie kele – die gemeente sing báie tussenin.
Die kerkkoor gaan spesiaal vir die gemeente ‘n voorprogram aanbied met pragtige instrumentale items tussenin. Esther Venter (Trompet), Carike Steenkamp (Saksofoon),
Lisa Loots (Dwarsfluit), Marlene Kruger (Glöckenspiel) en Lisbé en Juané Meiring (Blokfluite) gaan saam met die koor én die gemeente optree. Johanna Saayman gaan weer die koor-begeleiding waarneem.
Dagboek asseblief die aanddiens van 25 November. Dit gaan ‘n belewenis wees.
Groete.
René Ferreira
Orrelis