13 November 2020

Met die inperking vanjaar, én die gevolg dat ons eers nie toegelaat is om eredienste in die kerkgebou te hou nie, het ons deurgedruk met my voorstel dat daar vanjaar ‘n kersvideo gemaak word.  Dit impliseer darem dat 250 gemeentelede dit ín die kerkgebou kan bywoon én dat dit op die web geplaas kan word vir enige ander persoon wat graag daarná wil kyk.

Ons vertoon die video om 09:00 op Sondag 22 November in die kerk.  (Ds Hannes Burger sal verder ‘n gewone erediens-boodskap ook op die web laat plaas waarná julle dan later kan luister.)  As jy graag die geleentheid wil bywoon, maak seker dat jy bespreek vir die “oggenddiens”. Aanvanklik was die idee dat ‘n groepie akteurs net sit en kersverhale vertel, wat ons dan ook sou verfilm.  Die video bestaan egter nou uit tjellospel, kerkkoorsang, die kersverhale, orrel- en klavierspel.

Ons is bevoorreg om die volgende voorlesers te kon bekom:  Petro van den Heever, Pieter-Paul Robbertse, Rudolph Maree (hy is ook ons regisseur), Trónell Lessing, Hannes Burger en Adinda Vermaak.  Die drie tjelliste speel pragtige kersmusiek tussendeur en die snit waar die gemeente verlede jaar saam met my suster “O, ek glo!” gesing het, is ook ingesluit in die video.  Ook ‘n orrel- en klavierduet van daardie selfde geleentheid.  Drie snitte van die kerkkoor is ook ingesluit, waaronder “Stille Nag”.

Anna van Wyk en haar man gaan weer die kerkgebou versier en Hester en Jannie Carstens gaan weer die kerstoneel in die voorportaal opstel.

Petrus en Janine Theron het geen moeite ontsien met die video-opnames nie en ons klank- en powerpointspan, André en Thea Shaw en Christie van Niekerk was soos gewoonlik, voluit in aksie.

Dit beloof om regtig ‘n pragtige geleentheid te wees wat gebore is in die abnormale 2020-jaar wat ons beleef.  Bespreek asb jou plek betyds om teleurstelling te voorkom.  Bring asb soos gewoonlik ‘n kers en ‘n blaker saam vir die Stille Nag.

Kersgroete!

René Ferreira

Orrelis