20 November 2020
Wanneer ‘n droom partykeer waar word, staan die dromer verstom. Baie dankie aan ons Hemelse Vader dat Hy ons gehelp, ondersteun en veilig gehou het met die maak van De Eike se kersvideo.
Dankie aan élke deelnemer, élke koorlid, élke tjellis, élke akteur, ons regisseur, ons klank- en powerpoint-spanne en verál ons dank aan Petrus en Janine Theron vir die neem en vervaardiging van die video! Die hele video-span se werk sal regtig vir my persoonlik die hoogtepunt van ‘n vreemde en uitdagende 2020 bly.
Opreg dankie aan Hester en Jannie Carstens vir al hulle insette en baie kilometres om ons kerstoneel in die voorportaal so pragtig te kry (Ds Hannes wat vir ons die figure uitgesny en Christa de Kock het alles vir ons geverf – op Onrus!). Baie dankie, Anna en Fritz van Wyk, dat julle selfs in moeilike tye, die kerk weereens so pragtig vir ons versier het. Ek weet nie wat ons sonder julle twee sou gedoen het nie.
Baie dankie ook aan ons Kantoorpersoneel, Tim, Joseph en Rina dat julle altyd daar is om te help en stil-stil hard in die agtergrond werk om die pad vir ons almal gelyk te maak!
‘n Geseënde Kerstyd aan ons hele gemeente.
René Ferreira
Orrelis