8 Februarie 2019
Ons is opsoek na nog mense wat kan sang aanbied wanneer die dominees die boodskap doen by die Kinderkerk. Ons doen die indeling lank voor die tyd, asook die liedjies, so daar is baie tyd vir voorbereiding, veral om die liedjies op die cd’s deur te luister. Riaan en Joelene Conradie, sowel as Riëtta Odendal behartig gewoonlik die sang, maar ons soek nog bereidwilligers om vir ons in te staan. Jy sal moontlik net een of op die meeste twee keer ‘n kwartaal ‘n beurt kry, afhangende van hoeveel mense aanmeld. Behalwe dat ‘n mens darem so min of meer moet kan noot hou, sal dit ‘n aanwins wees as die persoon ‘n lewendige, positiewe geaardheid het om sodoende die kinders aan te moedig om lekker deel te neem aan die lofprysing. Ons hoor graag van jou.
Riëtta Odendal, 082 9040950 of 0219034963 of r.odendal@mweb.co.za