28 Februarie 2025

Liewe gemeente

Soos almal sekerlik kennis geneem het, ondersteun die Jeugkommissie hierdie jaar vir Aksie Samaritaan, en meer spesifiek die 30 kinders wat Sondae die containerkerk bywoon vir Sondagskool.

Ek het reeds in ‘n vorige Akker hulle behoeftelys uiteengesit.

Die Kinderkerk kinders van De Eike bring elke Sondag fluks hulle R5’e, en het ons rekening gestaan op meer as R800 aan die einde van verlede week.

Met die einde van die boekjaar in sig, is al die gelde toe direk oorgedra aan Aksie Samaritaan vir die aankope van skoolskoene, wat ‘n groot behoefte is onder die kinders.

Kyk tog verlede Sondag die dankbare gesiggies met hul aankope.

 

Dit bly ‘n voorreg om Jesus se hande op aarde te wees.  Dankie vir Aksie Samaritaan wat die wonderlike koninkrykswerk doen.

 

NS  Onthou om dubbeldraad wol te bring dat Huis De Kuilen kan brei vir die haweloses.

 

Groete

Riëtta Odendal

Kinderkerkhoof