16 November 2018

Ons oorweeg dit baie sterk om weer die voorskoolse maats volgende jaar te skuif na die Kleuterkerklokaal, indien die spasie ons toelaat.

Ons voorskoolse maats kry nogal swaar in die lang erediens tydens Kinderkerk.  Hulle sal dan ook hulle eie leerplan volg wat reeds aangekoop is, en heeltemal op hulle ontwikkelingsvlak aangebied word.

Om sodanige aparte erediens te bedryf, het ons egter ‘n ekstra paar hande nodig, sodat die personeel daar op ‘n aflosbasis kan werk.  So ‘n persoon sal dan verantwoordelik wees vir die volle erediens, naamlik die boodskappie, sang en die aktiwiteite.  Alles word voorsien.

Laat weet ons asseblief as daar iemand is wat geroepe voel vir so ‘n taak.

Groete

Riëtta Odendal

0219034963  of  082 9040950  of r.odendal@mweb.co.za