26 Julie 2024

Ons kleuters woon getrou Sondae die Kleuterkerk by. Ons is dankbaar teenoor elke ouer, wat so mooi hul doopbelofte nakom. Die ouers laat weet getrou, indien hul kleuters nie Sondae teenwoordig kan wees nie.

 

Die kleuters woon die Kleuterkerk sonder hul ouers by. Hul het mooi aangepas, en hul is in roetine. Ons volg die erediens se formaat.

 

Kleuters dra Sondae by tot De Eike se kosmandjie, en elkeen plaas sy bydrae self in die kosmandjie. Hul word vergesel deur ons personeel, en geen kleuter word alleen gelaat.

 

Madré de Bod het ons verlaat om die eredienste by te woon, aangesien Stella hul dogtertjie alleen by ons bly. Baie dankie aan Madré, vir haar bydrae wat sy gelewer het tot die Kleuterkerk. 

 

My helpers is:

Maureen Robertson

Neré Scholtz – assistent

Bea Swart – assistent

Hulle bydrae tot De Eike Gemeente en die KLEUTERKERK, is van onskatbare waarde.

Elke kleuter het ‘n klip ontvang tydens ons afsluiting. Hul gaan die klip op ‘n spesiale plek bêre, en onthou dat Liewe Jesus hul baie lief het.

 

Ons eindig die 2de Kwartaal met ‘n bywoning van 83%.

 

Bytjie groete

Lizelle Wessels