22 Februarie 2018

Ons gemeente se kerkkoor soek dringend na persone wat bereid is om hulle te verbind om op ‘n Dinsdagaand 19:00 – 20:00 saam te kom oefen.   Ons groot optredes is tydens Pinkster, met die

Kerkkoorfees en by die Kerssangdiens.  Verder probeer ons ook by Nagmaalgeleenthede sing.

As jy weet jy het ‘n sangstem en ‘n goeie oor, kom val asseblief in by ‘n heerlike “kleingroep wat sing”.  Kom ons maak De Eike se kerkkoor die grootste in die Wes-Kaap!  (As ek of jy onseker voel, doen ons graag ‘n oudisie wanneer ons mekaar beter ken.)

Ons het teen die einde van 2017 vier waardevolle stemme verloor.  As die Here jou aanspreek, kom neem asseblief jou plek in die kerkkoor – ons het jou baie nodig.

René Ferreira

Orrelis