21 Julie 2023
Kry jou koevert!
Die Kerkraad het op 14 Junie besluit om die Kommissie vir Vrouelidmate (KV) te ontbind. Die aksies van die KV is toegedeel aan ander kommissies waar dit die beste tuishoort, tesame met die uitgawes aan die aksies verbonde.
Daar is ook besluit om lidmate te versoek om fondse wat voorheen aan die Kommissie vir Vrouelidmate gegee is, voortaan aan die kerkkas te gee. Die Vrouedankoffer-insameling was die KV se grootste bron van inkomste en ons wil graag steeds ‘n Vrouedankoffer-insameling hou op Vrouesondag wat hierdie jaar op 13 Augustus gevier word. Die tema vir hierdie jaar se insameling is: “Geseënd, om vir ander tot seën te wees”.
Die Vroue-dankofferkoeverte gaan egter nie hierdie jaar na die onderskeie besoekpunte versprei word soos in die verlede nie, maar sal op 30 Julie en 6 Augustus tydens die erediens by die deure beskikbaar wees.
Bydraes kan ook in gewone koeverte, gemerk “Vrouedankoffer”, of per EFT, met die verwysing “Vrouedankoffer” gemaak word.
Die kerk se bankbesonderhede is as volg:
Rekeningnaam: NG Kerk Kuilsrivier-De Eike
Bank: ABSA
Tak: Kuilsrivier
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 3010590069
Rekeningtipe: Tjekrekening