19 September 2019

Wat ‘n wonderlike ervaring! Eers die maande van note leer, inoefening en skaaf aan elke lied, en dan die opbou na “dié aand”. En toe is dit tyd, en ons daag by die NG Kerk Durbanville op, letterlik onder “Strome van seën van bo”!

 

Koorfees 2019 was spesiaal. Die kore van Durbanville, Kuilsrivier-De Eike, VGK Durbanville, VGK Kraaifontein en Kuilsrivier Moedergemeente was op ‘n stille, eerbiedige manier baie opgewonde. Ons weet al ons pogings en beste optredes was ‘n refleksie van God se gawes aan elkeen van ons – koorlede, koorleiers en begeleiers, en dat alle lof, dank en eer aan Hom behoort. Van die pretensielose, onbegeleide kore van VGK Durbanville en VGK Kraaifontein, tot die klavierbegeleiding van Kuilsrivier (Moedergemeente), die orrel agtergrond van Durbanville, tot die hoendervleismooi van

die orkes klankbaan van Kuilsrivier-De Eike … en die magtige klank van stemme van die massakoor met die sing van “Helder Skyn U Lig vir die Nasies” – ons het die dak gelig met lofprysing en danksegging!! Ons Vader se seën op hierdie geleentheid was nie net sigbaar op elke koorlid se gesig nie, maar ook op elkeen van die gehoor s’n ook! Dit was waarlik’n wonderlike ervaring!

 

Dan moet ek net ook sê … die sop en brood, én koffie en koeksisters na die tyd was ‘n heerlike afsluiting baie dankie Durbanville! Here, ons Vader, met dankbare harte kom sê ons vir U DANKIE dat U ons so kan saamroep in ons liefde vir sang en musiek, en ons liefde vir en begeerte om U te aanbid!

 

Maggie Bester