26 Junie 2020

Liewe gemeente, ek dink u sal die volgende waardeer. Verlede Saterdag skakel ‘n jong vrou my om te vra of ons haar ouers kan help met ‘n kospakkie. Ek vra bietjie uit en bepaal dat die mense hier naby ons bly. Die gesin is ‘n egpaar (nou werkloos sedert die inperking begin het) wat na ouma omsien en hul seun wat tans ook sy werk verloor het, het weer by hulle ingetrek het.

Ek vra toe dat sy een van hulle moet vra om Dinsdag by die kerk ‘n draai te maak wanneer ons die pakkies uitdeel. Ons doen dit gewoonlik so ‘n halfuur na die ‘drop&go’.

Dinsdag daag die man en sy seun daar op en kon ons hulle help met ‘n lekker kospakkie. Hulle was sigbaar skaam-dankbaar, maar ook haastig. Ek vermoed dat daar ‘n paar dae laas ge-eet is.

Sowat 10 minute later bel Saterdag se jong vrou in trane. “Ouma huil so! Sy kon nie glo dat daar nog mense is wat soveel omgee nie”. Sy bedank almal wat help, en vra dat ek vir julle moet sê dat hulle as groot gesin die Here se seën op julle afbid. Baie dankie!