17 Februarie 2023
‘n Paar maande gelede het ek en Chris gereeld gepraat oor “random acts of kindness”.
Daarom het ek die afgelope week sommer ‘n warm gevoel om my hart gekry toe ek hoor van die Valentynsdagfees wat Sarien-hulle by Huis Sonop in Stikland gehou het. Baie dankie vir die wonderlike getuienis wat daarvandaan weerklink het.