31 Augustus 2018

Die Rohingia-groep vlugtelinge het op Saterdag 25 Augustus optogte en gebedsbyeenkomste in Bangladesj gehou ter nagedagte van die eerste herdenking van hul vlug uit die Rakhine provinsie in Mianmar, waar geweld tussen die Arakan Rohingya Salvation Army (ARSA) en Mianmar weermag bykans ? jaar gelede uitgebreek het. Na beraming het ongeveer 700 000 gevlug en baie het getuig van moorde, verkragtings en brandstigting wat uitgevoer is deur die veiligheidsmagte, wat volgens die VN ‘n “perfekte voorbeeld van etniese reiniging” is.

Nobelpryswenner Aung San Suu Kyi se regering het bewerings van gruweldade wat deur die vlugtelinge gemaak is ontken. Suu Kyi het gesê dat veiligheidsmagte wettiglik Moslem-militantes in Rakhine onderdruk het. ? Verslag wat op Maandag 27 Augustus deur ‘n VN-gesteunde Menseregtekommissie se spesiale ondersoekspan voorgelê is, het egter bevind dat die top-militêre leiers van Mianmar vervolg moet word vir volksmoord teen Rohingia-groep Moslems.

Internasionale druk op Mianmar is egter aan die toeneem. Luidens ? verklaring wat deur 132 parlementêre amptenare van vyf ander Suidoos-Asiatiese lande uitgereik is vóór die eerste herdenking, waarin geëis word dat dié amptenare van Mianmar voor die Internasionale Strafhof (ICC) gedaag moet word.

Ten spyte van die trauma wat deur die Rohingia-groep vlugtelinge gelei is, het sommiges steeds die begeerte om na Mianmar terug te keer, slegs as daar verandering is. Soos een vlugteling dit stel “Ons wil terugkeer na Mianmar, maar met ons regte en as volwaardige burgers van die land. Ons sal nie aanvaar om teruggestuur te word, sonder ons regte wat die regering van Mianmar al lank al vanaf ons weggevat het nie.

Bid asseblief saam met ons vir hierdie vervolgde groep mense, vir diegene wat nog in Mianmar is, en diegene wat in Bangladesj verplaas is – dat hulle geregtigheid en deernis kan ontvang.

“Ons moet egter nie tevrede wees met net gebed, sonder om onsself beskikbaar te stel as middele vir die wáár wording vir die dinge waarvoor ons bid nie.” (William Carey)

Saam in Sy diens

Donnelly McCleland