19 Julie 2019

Ons het al dikwels raas gekry omdat ons die Kinderkerk kinders  verdaag wanneer die hoof erediens nog aan die gang is, en die kinders dan steurend is in die saal.  Ek stem saam dat dit heeltemal onaanvaarbaar is, en die klasleiers probeer regtig om die kinders besig te hou tot die erediens verdaag, wat somtyds nogal ‘n “tall order” kan wees as hulle takies reeds afgehandel is.

Die ander kant van die munt is egter dat ons nie die kinders kan vroeër verdaag wanneer die hoof erediens vroeg uitkom nie.  Sondag, 14 Julie, was die hoof erediens reeds verdaag om 10:13.  Ons kinders gaan eers om 10:10 na hulle klassies toe, en was toe presies 3 minute aan die werk.  Ons sal bly wees as ons ouers ons tyd sal respekteer, sal wag tot 10:30, en nie aan die klasdeure klop of ingaan as die deure toe is nie.  Die klasleiers doen geweldig baie moeite met die aktiwiteite en sal dit graag sinvol wil afhandel, en as daar steurings is, neem dit ‘n hele tyd om die kinders weer tot orde te bring, veral die kleintjies.  Dankie byvoorbaat vir julle begrip.

Liefde-groete vanaf die Kinderkerk

Riëtta Odendal