26 April 2018
Onthou asseblief dat ons as Kinderkerk voortaan nie meer as ‘n groep die Gesinsdiens gaan bywoon nie, maar dat die kinders wel saam met hul ouers “grootkerk” toe gaan. Hierdie kwartaal : 10 Junie 2018.
Nog veranderings : Op 13 en 20 Mei (Pinkstertyd) : Geen Kinderkerk. Die kinders woon die twee eredienste saam met hul ouers by, in die “grootkerk”. spesiale moeite sal gedoen word om die twee Pinksterdienste vir die kinders ‘n aangename ervaring te maak.
WE #RUN/WALK 4 ZANé : Sondag 6 Mei, Zevenwacht Plaas : Een van ons maats, Zané Welman, graad 5, is gediagnoseer met kanker. Ons personeel het, met toestemming van die predikante, besluit dat soveel as moontlik van ons personeel en kinders die Stap vir Zané wil meemaak. Op daardie Sondag gaan dit ons “kerk” wees, dus geen Kinderkerk nie. Die kinders wat wil deelneem, moet vergesel wees van ‘n ouer. Inskrywings en/of info by Patrysies – Natasha 083-6514783 of Chas Everitt, Karin 0219033824.
In kort dus : Daar is nie Kinderkerk in die Konsistorie op die volgende datums nie : 6 Mei (dié wat ingeskryf het, gaan stap); 13 Mei – Grootkerk; 20 Mei – Grootkerk. Ons gaan weer normaalweg voort op 27 Mei met Kinderkerk in die Konsistorie.
Groete Riëtta Odendal (0829040950 of 0219034963) of