11 Maart 2021

Goeiedag!

Ek vertrou dat dit baie goed gaan my u almal! Wouter de Vols en ‘n paar ander van ons het ‘n forum gestig, die “CF 7580 Kuils River Community Forum”. Die doel is om ons dorp weer mooi en skoon te maak.

Die “Kuils River Volunteer Cleanup Project” is al baie lankal besig om dele van ons dorp, wat baie sleg lyk, skoon te maak. Ongelukkig kan die paar mense nie voorbly met skoonmaak en netjies maak nie. Op Woensdag 24 Februarie het ‘n paar van ons toe die hoek van Amandelrylaan en Kerkstraat aangedurf en die muur geverf en ‘n paar waterwyse plante geplant. Hierdie hoek is “befonds” uit ‘n paar van ons se eie sakke.

Ons wil graag ons hele gemeenskap betrek by ons verfraaiingsprojek. Daarvoor het ons donasies nodig in die vorm van kompos, klippe (alle vorms en kleure), “driftwood” en skenkings van waterwys droogtebestande plante (sommer baie daarvan!) Kuilsrivier is ons almal se dorp, ons tuiste, ons woonplek waarop ons trots wil wees!”

 

 

 

 

 

 

 

 

Toe ek later weer navraag doen, het sy voortgegaan: “Ons het gisteraand ‘n vergadering gehad met Barend la Grange wat betrokke was by Senekal, Coligny, Cradock, Kroonstad en ander dorpe. Ons het ‘n Facebook-bladsy waar mense kan aansluit en so op hoogte kan kom van komende projekte. Ons soek natuurlik ook veral donateurs en borge. Maar ook baie hande om die werk te verdeel! Die verfraaiings van die Amandelrylaan en Kerkstraat hoeke is steeds op ons agenda. Mense wat “vry” is kan deur die week daar werk en ander oor naweke.

Daarby doen Leze Visser Langenhoven baie goeie werk as leier van die “Kuils River Volunteer Cleanup Project”. Sy en haar span het al ongelooflike werk gedoen met die skoonmaak van sekere areas, maar soos ons weet, bly dit nie lank skoon nie. Ook daar het ons die gemeenskap se raad noodig, om die probleem van haweloses te verlig.

As ek reg is, is ons dorp oor twee jaar 125 jaar oud! En teen daardie tyd moet ons die skoonste en mooiste dorp in die Noordelike voorstede wees!!!”

Die Facebook-adres is: https://www.facebook.com/cf7580. Gaan loer gerus daar en help ‘n verskil maak! Nommers van ander kontakpersone is ook by my beskikbaar – Hannes.