24 Augustus 2018
Alpha is ‘n geleentheid om mekaar en vir God beter te leer ken. Soos julle reeds weet bespreek ons elke week ‘n vraag of twee – eenvoudige vrae maar wat jou ernstig laat dink. So was die een vraag: Hoe weet jy dat Jesus lewe? Een antwoord wat my vir altyd sal bybly is: Hy moét leef, want ons kan nie ‘n lewende verhouding h? met iemand wat dood is nie. ‘n Ander vragie was: Wat beteken dit om te glo? Iemand het die pragtige prentjie geteken van mamma en pappa valk wat hulle kleintjie leer vlieg. Die kleintjie vlieg en wanneer hy moeg raak, vlieg mamma of pappa onder hom in. Dan gee hulle weer pad sodat die kleintjie weer op sy eie kan vlieg en so gaan hulle aan. Net so vertrou ons op God om sy hande onder ons in te druk, elke dag. Hierdie week se vrae het gegaan oor Bybel lees. Die Bybel is die Woord van God. Hy praat met ons deur Sy Woord. Weereens het die verhouding saak opgeduik. As jy lief is vir iemand en meer van die persoon wil weet, dan doen jy moeite om meer oor die persoon uit te vind en hom of haar beter te leer ken. Of as jy meer van ’n sekere onderwerp wil weet, dan lees jy op daaroor. Dit is ook waarom ons die Bybel lees, om vir God beter te leer ken omdat ons Hom liefhet. Om te hoor wat die Heilige Gees vir jou s? sodat jy meer en meer kan wees soos Jesus.